Skip to main content

Written byRuan Groenewald

“Baie van my ispirasies kom van musiek af, goed wat ek daar buite raaksien, en veral verhoudings”

Sonder My Doppie

Jou tires het geraas soos jy hier weg gejaag het.
Maar my hart het meer.
Ek dink jou kar het jou somehow altyd laat voel alles gaan okay wees.
Al was dit eintlik net die vinnigste escape van jou vreese.
En ek wonder of jou ooit besef jy het my gisteraand op die bank gelos nes daai fokken lipice, verlore tussen deurmekaar kussings en sonder my doppie.

– Ruan Wessels

Dis 2de pouse op ‘n Vrydag middag en ek sit onder ‘n boom naby die skoolsaal en kyk hoe 3 dudes by die krieketnette skateboard ry en ‘n heelflip probeer land. Dit vat my verewig, maar ek bou die moed op om te gaan vra of ek saam kan skate…shit, daar lui die klok. Maybe next time.

Min het ek geweet dat jare later een van daai dude’s se woorde my goosebumps sal gee terwyl ek sit en wag op ‘n lughawe.

“Ek het begin skryf ‘n paar jaar terug toe ek ‘n ouer girl se hart probeer wen het, dit het gewerk. Maar van toe af het ek nooit opgehou nie.”

Kort op die hakke van moederne gedig legends soos Spoegwolf se Danie du Toit is iemand wat jy dalk meer op die verhoog of op Kyknet verwag het, maar na 5 jaar se gedigte skryf het Ruan Wessels ‘n emosionele bomb digbundel vrygestel met die titel ‘Dronk & Danig’.

Van Shakespeare Sonnets tot Koos Kombuis se ‘Bicycle sonder ‘n slot’, gedigte is die age old kuns na ‘n mens se hart en Ruan Wessels se woorde is geen uisondering nie. Met agtergrond musiek wat sy poësie dra soos ‘n booitjie deur rowwe see, voel dit asof elke gedig spesiaal vir die luisteraar geskryf is met sy universal approach tot liefde en hartseer. Tog is daar images wat geskep word wat jy weet is slegs syne en net hy sal weet wat die kleur was van daai lipice sonder ‘n doppie.

“Ek geniet dit maar net om te skryf, dis ‘n ander tipe outlet vir my, anders as wat ek kry wanneer ek speel of wanneer ek gaan skate.”

“Dronk&Danig is iets wat ek nog altyd geweet het gaan kom, maar nooit wanneer nie. So toe die gaping oop maak vir my het ek besluit dis wat ek gaan doen met my gedigte. As liedjies op neem vir mense om te luister.”

Met die bewyse van sy ‘outside the box thinking’ neergelê in sy gedigte en akteur wees kan ‘n persoon duidelik sien hoe skateboarding ‘n groot invloed op sy lewe het. En nes skating, met die honderde kopstampe en bloukolle op jou enkels, het hy ook wyse woorde as hy deur ‘n kreatiewe blok gaan as dit by sy skryf kom.

“n mens skryf nie altyd mooi nie, maar as ek nie al die slegte goed uit die pad uit kry deur actually te sit en skryf nie, dan kom ek nie by die lekkerder goed uit nie.”

Met Dronk & Danig beskikbaar in digbundel en op musiek platvorme soos Spotify en iTunes, is daar geen verskoning om local Afrikaanse talent te support nie. Gaan luister of kry jou kopie nou! En die volgende keer wanneer jy Ruan Wessels by die skatepark raakloop, gee hom ‘n high five en sê vir hom hy het ‘n lekker snor.

— — —

Ruan has all of his poems available on Spotify – click here to listen to them.

Want to see your own feature up here alongside Ruan Wessels? Follow these simple steps.

For more of our Visceral features, click here.

“I don’t think anything has really changed since I started, I’ve just always been interested in getting better at it. The purpose is, I have to do it, but for me.”